Pieter Bruegel die Ouere

Pieter Bruegel die Ouere

Selfportret
Geboortenaam Pieter Brueghel
Gebore ca. 1525
Breda of miskien Bree, Hertogdom Brabant, Habsburgse Nederlande (tans België)
Sterf 9 September 1569 (op 44)
Brussel, Hertogdom Brabant, Habsburgse Nederlande (tans België)
Veld Skildery, drukkuns
Beweging Nederlandse en Vlaamse Renaissance
Werke De parabel der blinden
De val van Icarus
Jagers in de Sneeuw
De boerenbruiloft
Landskap met die val van Ikaros (c. 1558)

Pieter Bruegel die Ouere (Breda of miskien Bree,[1] omstreeks 1525Brussel, 9 September 1569) was 'n Vlaamse skilder, wat se werke tot die Noordelike Renaissance behoort het. Hy was die oudste lid van 'n reeks bekende skilders wat deur sy familie opgelewer is. Sy bynaam Boere Bruegel verwys na die feit dat baie van sy skilderye die landelike bevolking in hulle alledaagse lewe uitgebeeld het. 'n Goeie voorbeeld hiervan, is die bekende De Boerenbruiloft. Hy skilder Bybelse taferele en tonele uit die Klassieke Oudheid. Bruegel is verder ook beroemd vir sy landskapskilderye, en sy kragtige en natuurlike uitbeelding van die natuur en die seisoene word voorgehou as die beste van hulle tyd.

Bruegel het net meer as 10 jaar lank intensief geskilder, en daar word omtrent vyftig werke tot hom toegereken. Hulle is almal van 'n uitsonderlike hoë kwaliteit. Sy talent is reeds gedurende sy eie lewe waardeer, en na sy dood het sy beroemdheid snel toegeneem. Sy werk was hoogs gesog, en is tot so 'n mate deur die wêreld versprei, dat daar slegs 'n paar van sy skilderye in sy eie land oorgebly het.

Sy seuns, Pieter (die Jongere) en Jan, was ook skilders.[2]

  1. (en) TotallyHistory.com. URL besoek op 17 April 2016.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search